“Ons hou nie op speel omdat ons oud word nie,

ons word oud omdat ons ophou speel!”

-Benjamin Franklin

VILJOENSKROON SENTRUM VIR BEJAARDES

Diep in die hartjie van die Vrystaat, omring deur bees- en mielieplase, graansilo’s en myne vind jy die klein dorpie Viljoenskroon. Viljoenskroon Sentrum vir Bejaardes maak ʼn baie belangrike deel uit van hierdie gemeenskap en word beskou as een van die hoekstene van die dorp.

 

Die Sentrum se hoofdoel is die holistiese versorging van verswakte, brose en baie keer eensame bejaardes. Hier word inwoners met waardigheid versorg tot die dag van hul afsterwe.

AKKOMMODASIE

Die Sentrum bestaan uit drie versorgingsdele:

DIENSTE

  • 3 gebalanseerde etes per dag, sowel as broodjies en koffie/tee in die aand (tee en koffie word ook met etes bedien asook in die laat oggend en vroeg middag)
  • 24 uur versorging vir binne Sentrum
  • Skoonmaakdienste en versorging van wasgoed deurlopend beskikbaar
  • Rekreasie programme op Dinsdae en Donderdae (projekte soos handwerk ens.)
  • Bybelstudie op Woensdae
  • Strek- en kragoefeninge op Vrydae
  • Uitstroom van NG kerk dienste op Sondae
  • Haarsalon binne Sentrum
  • Voetklinieke elke 6-8 weke
  • Medikasievoorsiening en -administrasie (sluit in bestel en afhaal van chroniese medikasie by plaaslike kliniek en apteke)
  • Snoep Stoep – lekkernye te koop
  • Biblioteek
  • Die week van Bejaardes (Jaarlikse week vol programme en uitstappies)
  • Ons gemeenskap is baie betrokke by ons Bejaardes deur aanbied van programme en gereelde lekkernye soos braaivleis of bedien van koek en tee.
  • Ons hou gereelde fondsinsamelings om fondse vir die Sentrum te versterk. Dit dien sommer ook as gees-bou, veral ons legendariese koeksister bak!
parallax background